Aftree of Aftreeverblyf

As jy jonger is is AFTREE of AFTREEVERBLYF nie woorde in jou woordeskat nie, maar voor jy jou kom kry is dit die verantwoordelike ding om te doen. Jy het genoeg gewerk en wil nou daardie magiese periode van doen-wat-ek-wil binnegaan. Jy soek ‘n toesluit-en-ry-plekkie. Die Oog bied die volgende vir die wat daar gekoop het:

- Dit is veilig
- Die Oog se mense het mediese gemoedsrus
- Dit is in die bos op hulle eie “plaas” met ‘n vakansie-oord atmosfeer
- Dit is familie- en kindervriendelik
- Dit is bekostigbaar ; en
- Dit is net ‘n hanetreetjie van die stad af, maar ver genoeg dat niemand wat nie ‘n bietjie moeite wil doen jou onnodig sal kom pla nie.

Die Oog Vakansie- en Aftreelandgoed is sowat 15 kilometer buite Naboomspruit. Skakel gerus as jy wil kom inloer.

 

 1    1.13 1.15

Posted in Projects.


Array
(
)