Die Oog stel Fase 7B bekend!

 

Belangstellendes is welkom om die bekendstelling by te woon, solank u net vooraf telefonies of per e-pos bevestig.

 

Datum: 12 Oktober 2013

 

Tyd: 11:00 (met terreinbesoek van 8:00 af)

 

Plek: Die Oog aftree-landgoed te Naboomspruit, in die Olienhoutsaal

 

Waarom moet u dit bywoon? Die Oog groei van krag tot krag met meer as 400 huise wat reeds verkoop is in 4 jaar. Hierdie inwoners weet dalk iets wat u nie weet nie! Kom vind uit watter ongelooflike leefstyl Die Oog vir mense bo 50 bied. By Die Oog belê jy nie net in ‘n huis nie, want jy kry ook mediese gemoedsrus, ‘n vakansie-oord leefstyl, sekuriteit, wye oop ruimtes en die pragtige natuurskoon van ons 200 ha eiendom.

 

Slegs 18 teëldakhuise word in Fase 7B beskikbaar gestel. Okkupasie word beplan vanaf die tweede helfte van 2014, wanneer die nuutgeboude huise voltooi sal word.

 

Bevestig asb. u bywoning so spoedig moontlik met Stephne Klopper per e-pos by stephne.klopper@engelvoelkers.com of per telefoon by 012 346 7777.

 

Vir diegene wat die geleentheid wil gebruik om vir die naweek weg te breek, bied Die Oog verskeie akkommodasie-opsies. Met bevestiging van u bywoning kan u aandui of u daarvan gaan gebruikmaak.

 

Kliek hier om ons webtuiste te besoek.

 

 

Posted in Projects.


Array
(
)