Die Oog – verskeidenheid van beleggingsopsies

Die Oog aftree-landgoed bied tans ‘n gesonde verskeidenheid opsies vir voornemende kopers en beleggers. Met meer as 400 verkope in 4 jaar, is die landgoed besig om gevestig te raak as dié gewildste buite-stedelike aftree-bestemming en het nie sy gelyke elders in Suid-Afrika nie. Die vakansie-oord leefstyl, mediese gemoedsrus, deeltitel-eienaarskap en geleenthede om ‘n aktiewe leefstyl te handhaaf, is wat Die Oog so gesog maak by sy teikenmark.

 
Daar is tans 3 fases in die  mark, wat aan kopers met verskillende smaak opsies bied.
·         In Fase 3 is slegs 13 van die 100 eenhede nog te koop. Die huise is in ‘n plaasstyl met chromadek dakke, met oopplan leefruimtes en lekker kuierstoepe om die Bosveld-klimaat die beste te benut. Verskillende groottes en akkommodasie-opsies is beskikbaar, wat insluit 100 m2 2-slaapkamer, 2-badkamer eenhede met motorafdakke, wat seker die beste beleggingsgeleentheid bied teen pryse van ongeveer R950 000. Meer besonderhede op Die Oog Fase 3 en Die Oog Fase 3 sonder motorhuise.
·         In Fase 7A is daar slegs 4 eenhede van die 24 nog beskikbaar en daarom word Fase 7B op Saterdag, 12 Oktober bekendgestel. Hier word teëldakke gebruik, maar andersins stem die planne baie ooreen met die van Fase 3. Aangesien Fase 7B presies dieselfde huise bied as 7A, maar teen hoër pryse as gevolg van stygende boukoste, is kopers in 7A gewaarborg van onmiddellike kapitaalgroei nog voordat die huise voltooi is. Kliek die skakel vir meer besonderhede van Fase 7 kliek hier.
·         Fase 8 bied effe groter huise as die ander fases en die huise word slegs as voltooide huise verkoop. Vier van die huise is nou beskikbaar teen R1,7-miljoen elk. Aangesien hierdie huise teen ‘n koppie geleë is, bied dit lieflike privaat kuierareas met bure slegs aan twee kante. Kliek die skakel vir meer besonderhede van Fase 8 klier hier.
 
Die Oog se eienaars geniet sekuriteit, wye oop ruimtes en die pragtige natuurskoon van ons 200 ha eiendom wat ‘n wildskamp insluit en mak wildsbokke wat tussen die huise wei. ‘n Warm swembad, koue swembad, glybaan (“supertube”), tennisbane, borrelbaddens, putt-putt en talle ander fasiliteite maak dit ‘n plesier om hier te woon en vir die hele familie om te gaan kuier. Die heffings is van die laagste in die land en die voorbereide middagetes 7 dae ‘n week in die eetsaal, word nou al in 2 sessies bedien, so gewild is dit.
 
Maak ‘n afspraak en kom kyk gerus self wat Die Oog jou bied of woon Saterdag se bekendstelling by en ons sal jou daarna rondwys.

Posted in Projects.


Array
(
)