Oppi-Oog familie fees

Die eerste Oppi-Oog familie fees was drie jaar gelede by Die Oog Aftree-Landgoed te Naboomspruit aangebied.  Hierdie jaar was die fees gedurende die naweek van 20-22 September gehou. Bywoning van Die Oppi-Oog fees het drasties gegroei met rekord getalle besoekers en dagbesoekers die jaar. Die aanduidings is dat volgende jaar se fees nog beter bygewoon gaan word.

Die Oog was vol bespreek vir die naweek en ‘n gees van vakansie genot was deur almal ervaar. ‘n Feestelikheid met musiek, dans, konserte, kos stalletjies, handwerkmarkte, sport en baie van die ou bekendespeletjies was deur oud en jonk aan deelgeneem en geniet.

Daar is geswem, tennis en bingo gespeel, ‘n pretdraf, waterkaskenades en meneer en mejuffrou Oppi-Oog Fees wenners. Meneer boepens en spiere het vir grootvermaaklikheid gesorg met die verskeie deelnemers en keuses op die dag.

Kleinkinders, tieners, pa’s, ma’s tot ouma’s en oupa’s het almal deelgeneem waar hulle kon, en die dag as die grootste pret van die jaar beskryf.

 

Klier hier vir foto’s.

 

 

Posted in Projects.


Array
(
)