Aftree by Die Oog

Die Oog Aftree-landgoed word ontwikkel deur die omskakeling van die gewilde Die Oog Warmbron vakansie-oord. Dit is geleë by ‘n natuurlike mineraalbron, in ‘n idilliese omgewing aan die voet van die Waterberg, net buite die dorpie Naboomspruit in die Limpopo Provinsie.

 

Met sy natuurlike Bosveldomgewing, warm klimaat en wye verskeidenheid fasiliteite is Die Oog die ideale plek om af te tree. Die Oog aftree oord bied uitstekende waarde vir geld. Al die vakansie-oord fasiliteite word behou en addisionele fasiliteite en dienste word ook gebou wat nodig is in ‘n aftree oord. Dit hou die voordeel in dat die aftree-landgoed van dag een af operasioneel kan wees en in die leefstylbehoeftes van sy inwoners kan voldoen.

Meer as 250 van die eenhede is al verkoop en die nuwe intrekkers woon reeds baie gelukkig op Die Oog. Vriende en familie van die inwoners wat hulle besoek, kan die vakansie-oord fasiliteite benut en het die keuse om by die inwoner te oornag of om ‘n aparte eenheid te huur.

 

Die aftree oord-kenner Syd Eckley, is ‘n huiseienaar by Die Oog en ook voorsitter van die Beheerliggaam. Hy het ‘n groot rol gespeel in die beplanning van elke aspek van die aftree-landgoed om te verseker die dienste en leefstyl is suksesvol en standhoudend op die langtermyn.

 

Behalwe vir al die fasiliteite en dienste, bied Die Oog aftree oord aan sy inwoners:

  • ‘n Vakansie-oord leefstyl
  • Mediese gemoedsrus
  • Deeltitel belegging vir kapitaalgroei en verhuringsmoontlikhede
  • ‘n Fokus op aktiewe veroudering met al die fasiliteite, dienste en ondersteuningsprogramme wat daarmee gepaardgaan.

Met pryse wat begin by R535 000 is Die Oog aftree oord die ideale belegging. Enige persoon kan ‘n eenheid koop en selfs uitverhuur vir ‘n goeie opbrengs. Inwoners van Die Oog Aftree-landgoed moet egter bo die ouderdom van 50 jaar oud wees.

 

www.dieoogaftree.co.za

 

 

 

 

Posted in Uncategorized.


Array
(
)