Inni Hartjie is 'n baie lekker ruim twee slaapkamer eenheid met lekker baie spasie en groot kamers en is 'n grondvloer eenheid.
Elke kamer het ingeboude kaste asook die kombuis.
Die eenheid bied 'n vol badkamer met 'n bad en 'n stort, wasbak en toilet.
Die eenheid het twee parkerings onder dak en bied dan ook 'n ekstra toesluit motorhuis, dalk vir 'n derde voertuig of vir familie wat kom kuier.
Die hele kompleks is verlede jaar nuut oorgedoen en lyk nou baie netjies.
Die eenheid self is baie mooi opgepas en baie netjies en bied genoeg spasie vir twee studente om saam te kan bly.
Hierdie kompleks is loopafstand na die vulstasie en Pick a Pay sentrum en is in die hartjie van ons dorpie geleë.
Die eenheid bied 'n baie goeie huurinkomste van R 4700 pm.
Agent's Professional Fee is included in the price advertised.